Wentelbaan

’n Wentelbaan is in fisika die pad waarlangs een voorwerp om ’n punt in die ruimte wentel of draai, soos ’n planeet om die massamiddelpunt van die Sonnestelsel. Planete se wentelbane is gewoonlik ellipties. Wentelbane kan verduidelik en bereken word aan die hand van die Swaartekragwet van Newton en Kepler se wette van planetêre beweging.


Developed by StudentB